Maak ’n vuur met genoeg kole. Plaas ’n rooster op ’n staander laag oor lekker warm kole. Hou ’n vuur­vaste pan byderhand. 

  • Plaatkoekies: Meng die meel, hawermout, suiker, bakpoeier en sout in ’n mengbak. Maak ’n holte in die middel.
  • Klits die melk en eiers saam en giet by die droë bestanddele. Klits tot gemeng. Bedek en laat die beslag minstens 30 min. eenkant staan.
  • Steak: Geur die steak met die speserye en peper en smeer met die olie.
  • Sous: Meng al die bestanddele goed.
  • Plaas die steak op die rooster en braai tot gaar soos verkies.
  • Krap van die kole weg sodat die hitte matig is. Plaas die pan op ’n staander oor die kole, verhit ’n bietjie olie en skep hopies van die beslag daarin. Braai tot borrels op die oppervlak begin vorm en draai om. Braai tot goudbruin en gaar. Herhaal met die res van die beslag. 
  • Vir voorsit: Sny die steak in repies. Smeer van die sous op die plaatkoekies, pak ’n paar skyfies radys op, indien gebruik, gevolg deur ’n paar steakrepies. Rond af met die roket en sit voor.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.