1.  Koop jy vleis sonder enige vet? Koop liefs verouderde, vakuumverpakte vleis wat vet aan het. Dit is die vet wat die vleis geurig en sappig maak.

2. Vries jy jou vleis? Wanneer jy vleis vries, raak die vleis taaierig. Dit word aangeraai dat ’n mens eerder vleis moet vakuumverpak, die dag voor die tyd koop of dit in die yskas berg ’n paar dae voor jy dit gaan eet.

3. Braai jy vleis wat direk uit die yskas kom? Haal dit ’n uur of twee voor jy dit gaan braai uit die yskas sodat dit kan afkoel tot kamertemperatuur.

4. Geur jy die vleis met sout voor jy dit braai? Wanneer ’n mens sout op vleis sit voor jy dit braai, trek dit al die sappigheid uit. Smeer eerder knoffel, suurlemoenskil of varsgekapde speserye soos roosmaryn, tiemie, origanum, olyfolie en swartpeper oor.

5. Ignoreer jy die wag-vir-grys-kole-raad? Wanneer die kole grys is en gloei beteken dit hulle is op hul warmste.

6. Gebruik jy ’n vurk om die vleis om te draai? Wanneer ’n mens ’n vurk gebruik om die vleis om te draai, steek jy gate in die vleis waardeur al die sappige sous uitloop.

7. Draai jy jou vleisie gereeld om? ’n Mens kort maksimum hitte van die rooster vir die vleis om bruin te word. Probeer die vleis so min moontlik omdraai.

8. Smeer jy te vroeg die marinade op die vleis? Die marinade moet eers oor die vleis gesmeer word in die laaste 2 min. van die braaiproses.

9. Sny jy die vleis direk nadat dit van die vuur af kom? Wag eers ’n bietjie en gee die vleis ’n paar minute om af te koel. Dit laat die vleis al die sappige souse absorbeer sodat dit nie alles uitloop wanneer ’n mens die vleis oopsny nie.

10. Smeer jy olie op jou rooster? Die olie bly nie op die rooster nie en die bietjie wat oorbly brand teen die rooster vas weens die hoë temperatuur. ’n Beter benadering sal wees om jou vleis direk met olie te smeer.