• Verhit ’n gietysterpan oor matige kole en voeg die maalvleis by. Breek die vleis met ’n houtlepel op en geur goed met die sout en peper. Roerbraai 5-8 min. of tot gaar.
  • Voeg die tamatiepasta by die maalvleis en laat kook 2 min. Voeg die res van die bestanddele by en laat prut tot al die water verdamp het.
  • Vir voorsit: Braai die wors oor lou kole tot gaar. Sny die rolletjies middeldeur en voeg die kaasworse by. Skep die gebraaide maalvleis bo-op elke worsrol en besprinkel met die ui en cheddarkaas.