Maak ’n braaivuur met genoeg kole vir braai. Plaas ’n rooster ongeveer 30 cm bo die kole.

  • Deeg: Knie die deeg liggies af en verdeel in 12-14 bolletjies so groot soos gholfballe.
  • Vulsel: Meng die kaas en biltong. Skep eetlepels vol van die mengsel en druk in bolletjies; jy het ewe veel kaas- as deegbolletjies nodig.
  • Druk die deegbolletjies plat met die palm van jou hand en sit ’n kaasbolletjie bo-op elke stukkie deeg. Vou die deeg om die kaasbolletjies toe en knyp vas sodat niks van die vulsel sigbaar is nie.  Maak seker jy seël die deeg goed, anders sal die vulsel uitbraai.
  • Strooi liggies meel oor die roosterkoekies en pak op die rooster. Draai die koekies elke 5 min. om om te verseker dat dit oraloor gaar braai. Die broodjies sal sowat 15-20 min. neem om gaar te word, afhangend van die hitte van die kole.
  • Botter: Meng die botter en roosmaryn of salie goed en verf oor die roosterkoekies sodra dit gaar is. Sit dadelik voor.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!