• Kerriemarinade: Soteer die uie in die olie in ’n middelslag-swaarboompot oor lae hitte tot sag, ongeveer 5-10 min. Voeg die res van die marinade­bestanddele by en bring die mengsel tot kookpunt. Verlaag die hitte, plaas die pot se deksel op en laat 20 min. prut. Plaas die sous eenkant om af te koel. 
  • Sosaties: Sny die lamsvleis (vet en al) in ewe groot blokkies van 2-3 cm elk en plaas in ’n niemetaal- of plastiekbak saam met die appelkose. 
  • Giet die afgekoelde marinade oor die vleis en meng goed. Plaas die bak in die yskas om oornag te marineer. (Dit kan tot drie dae lank marineer.)
  • Ryg die vleis en appel­kose aan sosatiestokkies, nie te styf nie, anders braai dit nie eweredig nie.
  • Braai oor warm kole tot gaar. Draai gereeld en skep nog van die marinade oor die sosaties terwyl dit braai.