Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai. Sit ’n staander in die kole en hou ’n toeknyprooster byderhand.

Tjops

  • Sit die tjops in ’n marineerbak en hou eenkant.
  • Verhit die olie in ’n klein kastrol en rooster die komynsaadjies tot geurig.
  • Skep uit en hou eenkant.
  • Verhit die olie in die kastrol en braai die uie en knoffel tot sag.
  • Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.
  • Haal van die hitte af en laat afkoel.
  • Skep die marinade oor die tjops – sorg dat die tjops oral bedek is – en laat minstens 1 uur of verkieslik oornag marineer.

Atjar

  • Verhit die olie in ’n diep kastrol, voeg die ui, knoffel, gemmer, brand­rissies en mosterd- saadjies by en roerbraai 5 min.
  • Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.
  • Roerbraai 10 min. oor matige hitte of tot die kool sag is.
  • Haal van die hitte af en hou eenkant.

Pap

  • Meng alles goed.
  • Haal die tjops uit die ­marinade en pak op die rooster.
  • Braai 12-15 min. of tot gaar soos verkies – smeer af en toe nog van die marinade oor die tjops.
  • Geur met die sout en peper na smaak.

Vir voorsit

  • Sit die tjops voor saam met die pap en atjar.