Genoeg vir 8-10 mense

Bereiding: 10 minute

Marineertyd: 1-2 uur

Braaityd: 8-10 minute

60 ml (¼ k) olyfolie

5-6 knoffelhuisies, platgedruk

seesout en pas gemaalde peper

250 ml (1 k) Guinness-bier

500 g kruisskyf, in hap­grootte-blokkies gesny

’n paar lourier- of suurlemoentakkies

  1. Meng die olie, knoffel, sout, peper en bier. Giet oor die vleis en laat 1-2 uur marineer.
  2. Maak die lourier- of suurlemoentakkies skoon, maar laat ’n paar blaartjies aan die bopunte. Ryg ’n paar blokkies vleis aan elke takkie.
  3. Braai 8-10 minute oor warm kole. Draai heeltyd om tot so gaar soos verkies
  • Moenie Erfenisdag aanpak sonder Huisgenoot se nuutste braaiboek nie! Vir dié spesiale tydskrif het ons al die beste braairesepte wat nog ooit in Huisgenoot verskyn het uitgesoek. Die gevolg is 124 braaitreffers wat jou braai ’n fees sal maak! En met 35 resepte vir souse en marinades het jy ’n sak vol planne om jou gaste met nuwe smaakervarings te verras. Lees ook wat sê sterre soos Theuns Jordaan, Jo Black, Jan Braai en Melinda Bam oor hul braaigunstelinge en -geheime. Prys: 48