Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai, sit ’n staander in die kole en hou ’n toeknyprooster byderhand.

Lollies

  • Sny die sening van die been van elke tjop af sodat die tjops soos lollies lyk.
  • Meng die res van die bestanddele goed en smeer oor die tjops.
  • Bedek die tjops en marineer 30 min.

Platbrode

  • Meng al die bestanddele goed tot ’n stewige deeg vorm.
  • Knie liggies tot glad, bedek en laat 10 min. rus.
  • Verdeel die deeg in 6 bolletjies en rol rofweg uit.
  • Strooi meel aan albei kante van die brode en pak op die rooster.
  • Braai oor matige kole en draai gereeld tot ligbruin aan albei kante en liggies uitgepof.
  • Haal van die rooster af en hou eenkant.

Salsa verde

  • Meng al die bestanddele goed.

Vir voorsit

  • Pak die tjops op die rooster en braai 12-15 min. of tot gaar soos verkies.
  • Sit die tjops voor saam met die platbrode, salsa verde, murgpampoentjies, kersietamaties, indien verkies, en vars ment.