• Meng die jogurt en tandoori-pasta in ’n bak. Voeg die lamsworse by en meng goed. Bedek met kleefplastiek en laat 30 min. in die yskas marineer.
  • Tzatziki: Meng al die bestanddele en geur na smaak. Hou eenkant.
  • Tamaties: Meng al die bestanddele en hou eenkant.
  • Vir voorsit: Braai die wors 15-20 min. oor matige kole of tot gaar. Sny die rolletjies middeldeur en plaas ’n wors in die middel. Skep die tzatziki bo-op gevolg deur die feta. Sit voor saam met die tamaties.