• Sny die malvalekkers in die helfte en kap die sjokolade op.
  • Bou die braaibroodjies: Botter elke sny brood aan die een kant. (Dis die kant wat na buite sal kyk wanneer jy die braaibroodjie aanmekaargesit het.) Sit die helfte van die snye brood op hul botterkante neer en pak die malvalekkers en sjokolade daarop. Bedek met die oorblywende snye brood met die botterkante na bo.
  • Braaibroodjies is draaibroodjies.  Jy moet braaibroodjies gereeld omdraai, en jy braai hulle in ’n toeklaprooster. As jy nie een het nie, koop een – verkieslik ’n verstel­bare rooster sodat jy elke broodjie reg kan vasknyp. Jy wil matige hitte hê en die rooster moet taamlik hoog bo die kole wees. Jou doelwit is om die sjokolade gesmelt en die malvalekkers uitgeswel en gesmelt te hê teen die tyd dat die buitekante goudbruin is.
  • Om te keer dat die braaibroodjies vassit, help dit as jy die rooster telkens oop- en toemaak ná die eerste paar kere se omdraai.
  • Sodra die braaibroodjies reg is, sny jy elkeen in die helfte. Ek glo die regte manier om ’n braai­brood­jie te sny is dia­gonaal, en die regte tyd om dit te eet is onmiddellik.