Maak ’n braaivuur met genoeg kole vir braai. Plaas ’n rooster ongeveer 30 cm bo die kole.

  • Meng die meel, suiker, sout, gis en anys in ’n groot mengbak. Maak ’n holte in die middel.
  • Verhit die karringmelk of amasi 30 sek. in die mikrogolf en voeg die kookwater en botter by. Giet die mengsel in die middel van die droë bestanddele en meng met ’n vurk tot die deeg begin saamkleef.
  • Keer die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit, knie tot glad en elasties en vorm die deeg in ’n bol. Smeer ’n skoon bak met ’n bietjie olie en sit die deegbol daarin. Bedek met kleefplastiek of ’n teedoek en laat rys 1 uur op ’n warm plek of tot dubbel in grootte.
  • Rol ongeveer 18 okkerneutgrootte-bolletjies met die deeg en strooi liggies meel oor. Pak die bolletjies op die rooster en braai 15-20  min. of tot dit goudbruin en gaar is. Draai gereeld om om te verseker dat die bolletjies oraloor bruin braai.
  • Vir voorsit: Verf die bolletjies met die heuning, en sit voor saam met die botter.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!