20 min.
1
40 min.
Bestanddele
- 1 kg klaarbereide brooddeeg
- 200 g mozzarellakaas, fyngerasper
- 100 g sondroëtamaties, gekap
- 100 g swart olywe, gekap
- 2-3 stingeluie, gekap
- 6 basilieblare
Metode

Maak ’n vuur met genoeg kole. Plaas ’n staander in matige kole. Voer ’n swartpot goed met botter uit.
- Rol die brooddeeg uit in ’n reghoek van sowat 1 cm dik.
- Meng die kaas, tamaties, olywe, stingeluie en basilieblare. Skep eweredig oor die deeg en smeer gelyk.
- Rol die deeg op in ’n rolkoek en sny in skywe van 1 cm dik.
- Pak die skywe plat teen mekaar in die gesmeerde swartpot.
- Bedek en laat sowat 20 min. rys. Plaas die pot op die staander, pak ’n paar kole bo-op en “bak” sowat 40 min. tot gaar.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op Instagram, Twitter, Facebook, WhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET