Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai. Sit ’n staander in die kole en hou ’n toeknyprooster byderhand.

Ratatouille

  • Pak die groente op die rooster en drup die olie oor.
  • Geur met die sout en vars gemaalde peper. Braai 10 min. oor die kole en draai gereeld.
  • Haal die groente van die rooster af.
  • Verhit die tamaties in ’n kastrol en voeg die groente by.
  • Geur met die suiker, sout en peper.
  • Hou eenkant warm.

Tjops

  • Pak die lamstjops in ’n bak en smeer met die olyfolie.
  • Druk die pienkpeperkorrels fyn in ’n maler en meng met die res van die speserye en kruie.
  • Sprinkel die mengsel ruimskoots aan albei kante van die tjops.
  • Pak die tjops op die rooster en braai 12-15 min. oor die kole of tot gaar soos verkies – drup die suurlemoensap oor die tjops terwyl jy dit braai.
  • Haal van die rooster af en laat 5 min. rus.

Vir voorsit

  • Sit die tjops voor saam met die ratatouille, kersietamaties en vars basilie.