Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai. Sit ’n staander in die kole en hou ’n toeknyprooster byderhand.

Tjops

  • Meng die knoffel, brandrissies, suurlemoensap en -skil, koljander, paprika en olyfolie goed en smeer oor die tjops.
  • Pak die tjops op die rooster en geur met die sout.
  • Braai 12-15 min. oor matige kole tot gaar soos verkies.

Chakalaka-boontjies

  • Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui en knoffel tot sag.
  • Roer die tamatiepasta by en roerbraai 1 min.
  • Roer die chakalaka, gebakte boontjies en soetrissieblokkies by en verhit.
  • Geur met die sout na smaak.

Jogurt

  • Meng alles goed.

Vir voorsit

  • Garneer die tjops met die vars koljanderblare en ekstra gerasperde suurlemoenskil en sit voor saam met die chakalaka-boontjies en jogurt.