Maak ’n vuur met genoeg kole. Plaas ’n yster-riffelpan op ’n staander oor lae tot matige kole. Hou ’n klein vuurvaste potjie byderhand.

  • Skons: Meng die bruismeel en sout. Voeg die room en limonade by en meng met ’n mes tot net gemeng. Druk die deeg effens plat tot so 2 cm dik op ’n meelbestrooide oppervlak. Druk die skons uit met ’n glas of sny in blokke.
  • Maak die riffelpan goed warm oor die kole. Moenie olie ingiet nie. Plaas die skons bo-op en braai tot bruin van onder. Draai om en braai tot bruin aan die ander kant en gaar van binne. As dit nog nie heeltemal gaar is nie, plaas ’n stukkie tinfoelie oor en plaas oor lae hitte. 
  • Stowe: Plaas intussen al die bestanddele vir die stowe in die potjie en ­verhit oor die vuur. Laat prut tot die vrugte net sag maar nie stukkend gekook is nie.
  • Vir voorsit: Halveer die skons, skep van die vrugtestowe oor en sit voor saam met ’n skep­-pie jogurt. 
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.