Braai die wors 15-20 min. oor matige kole of tot gaar.

  • Guacamole: Voeg al die bestanddele in die bak van ’n voedselverwerker en verwerk tot glad. Geur met die sout en peper en hou eenkant.
  • Soetrissiesmoor: Verhit die botter in ’n gietysterpan oor matige kole en roerbraai die soetrissies tot al dente. Voeg die paprika by en geur met die sout en peper. Voeg die mieliepitte by en roerbraai tot die mieliepitte deurgaar is. Hou eenkant.
  • Vir voorsit: Sny die rolletjies middeldeur en smeer ruimskoots met die guacamole. Voeg ’n stuk wors by en rond af met ’n skeppie elk soet­rissiesmoor en suurroom gevolg deur ’n paar kol­janderblare.