• Verhit die botter of olie in ’n pan op die vuur en braai die ui en sampioene tot sag en goudbruin. Voeg die knoffel en peper by en braai nog ’n minuut.
  • Bou die braaibroodjies: Smeer die botter of olyf­olie aan die een kant van elke sny brood. (Dis die kant wat na buite sal kyk wanneer jy die braaibroodjie aanmekaargesit het.)
  • Sit die helfte van die snye brood op hul botterkante neer en smeer hulle met die roomkaas. Skep ’n lagie van die sampioenmengsel op elke sny en strooi die cheddar oor.
  • Bedek met die oorblywende snye brood met die ­botterkante na bo.
  • Braaibroodjies is draaibroodjies. Jy moet braaibroodjies gereeld omdraai, en jy braai hulle in ’n toeklaprooster. As jy nie een het nie, koop een – verkieslik ’n verstelbare rooster sodat jy elke broodjie reg kan vasknyp. Jy wil matige hitte hê en die rooster moet taamlik hoog bo die kole wees. Jou doelwit is om die kaas gesmelt en die res van die vulsel lekker warm te hê teen die tyd dat die buitekante goudbruin is. Om te keer dat die braaibroodjies vassit, help dit as jy die rooster telkens oop- en toemaak ná die eerste paar kere se omdraai.
  • Sodra die braaibroodjies reg is, sny jy elkeen in die helfte. Die regte tyd om dit te eet is onmiddellik.