Maak ’n braaivuur en sorg daar is genoeg kole vir braai.

  • Sny die steak in blokkies van sowat 3 cm. Sny die ­calamari in repies. Sny die suurlemoene in wiggies.
  • Marinade: Meng alles goed en giet oor die calamari. Laat 30 min. in die yskas marineer.
  • Ryg ’n suurlemoenwiggie aan ’n kebabstokkie gevolg deur ’n blokkie steak. Rol ’n repie calamari op en ryg dit ná die steak aan die stokkie. Herhaal met die res van die bestanddele tot die stokkie amper vol is. Ryg nog kebabs met die orige bestanddele.
  • Vir afronding: Geur die ­kebabs reg rondom met die sout en vars gemaalde peper.
  • Pak die kebabs op ’n rooster en braai 1 min. per kant. 
  • Verf die kebabs ruim­skoots met die braaisous en braai nog 1-2 min. per kant of tot die steak gaar is soos verkies en die calamari nie langer deurskynend is nie.
  • Garneer die kebabs met die mikrokruie, indien verkies, en sit warm voor.

Hierdie gewilde kom­binasie van seekos en beesvleis werk ewe goed aan ’n stokkie. Die calamari en steak het dieselfde gaarmaaktyd; dus bly albei lekker ­sappig terwyl dit oor die kole gebraai word.