Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai, sit ’n staander in die kole en hou ’n toeknyprooster byderhand.

Pesto

  • Sit die neute en knoffel in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot fyn.
  • Voeg die kruie by en pols tot ­gekap.
  • Giet die olie, feta, suur­lemoensap en -skil by en pols tot glad en goed gemeng.
  • Geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak.
  • Giet ’n bietjie olie oor die pesto en hou verkoel tot nodig.

Tjops

  • Geur die tjops met die sout en vars gemaalde peper.
  • Sprinkel die suurlemoenskil oor en geur met die sap.
  • Vryf die olie oor die tjops en pak op die rooster.
  • Braai die tjops 15-17 min. oor matige kole of tot die vet goudbruin en bros is en die tjops gaar soos verkies. Pak in ’n bak en laat 5 min. rus.

Slaai

  • Meng al die bestanddele goed.6 Vir voorsit Sit die tjops voor saam met die pesto en slaai.