• Tamatiebredie: Geur die vleis goed met die sout en peper. Verhit ’n platboompot oor matige tot warm kole en braai die vleis in sarsies bruin. Skep uit. 
  • Giet die olie in die pot en braai die uie, knoffel, groente en steranys oor stadige kole tot die groente bruin verkleur. 
  • Verwyder die steranys, voeg die tamatiepasta by en laat 5 min. oor stadige kole prut. 
  • Voeg die wyn by en roer goed om al die stukkies wat aan die pot vaskleef, los te maak. Voeg die passata by en verhit tot kookpunt. Voeg die gebraaide vleis by. 
  • Bind die tiemie, lourierblare, pietersielie en marjolein in ’n bossie en plaas in die pot. Voeg die vissous, sojasous, kaas, komyn, koljander en brandrissies by. Bind die kruienaeltjies, kardemompeule en kaneelstokkie in moeselien toe en voeg dit by die pot saam met die paprika en suiker. Giet die aftreksel by en laat oor matige kole prut tot die sous dik en die vleis amper sag is. 
  • Skep soveel moontlik vet af en verwyder die kruiebossie en sakkie. Voeg die aartappels by en laat 15 min. kook tot die vleis en aartappels sag is. Voeg die brandewyn by en pas die geurmiddels aan soos nodig.
  • Pietersieliesous: Maak al die bestanddele met ’n stamper in ’n vysel fyn.Sit die potjie voor saam met die pietersieliesous en vars brood en botter.

Piet Marais en Frik Oosthuizen se resep is lank, maar dis meestal kruie en speserye vir geur.