Maak ’n braaivuur met genoeg kole vir braai. Plaas ’n rooster ongeveer 30 cm bo die kole.

  • Brooddeeg: Meng die meel, gis, suiker en sout in ’n groot mengbak. Maak ’n holte in die middel van die mengsel.
  • Giet die olie en water in die holte en meng met ’n vurk tot die deeg begin saamkleef. Giet nog bietjies-bietjies water by soos nodig.
  • Keer die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit en knie tot dit glad en elasties is. Vorm die deeg in ’n bol. Smeer ’n skoon bak met ’n bietjie olie en plaas die deegbol daarin. Bedek met kleefplastiek of ’n teedoek en laat 1 uur op ’n warm plek rys of tot die deeg dubbel in grootte is. 
  • Knie die deeg liggies af en verdeel in 12-14 stukke. Rol die deeg in bolle en druk liggies platter. Bestrooi die deeg liggies met meel.
  • Pak die roosterkoeke op die rooster en braai  20-25 min. oor die kole tot gaar. Draai gereeld sodat die roosterkoeke oraloor goudbruin braai.
  • Vir voorsit: Sit die roosterkoeke voor saam met die botter, appelkooskonfyt en gerasperde kaas. 
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!