Voorverhit die oond tot 200 °C. Sit ’n draadrakkie op ’n bakplaat en bespuit met kossproei. Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai. Sit ’n staander in die kole en hou ’n toeknyprooster byderhand.

  • Sny die swoerd van die tjops af – sorg dat daar nog ’n klein lagie vet aan die tjops is, maar geen vleis aan die swoerd nie.
  • Pak die swoerd met die vetkant na onder op die draadrakkie en sprinkel die helfte van die sout oor.
  • Draai die heel knoffelbol met foelie toe en sit dit langs die swoerd op die draadrakkie.
  • Rooster 25-30 min. of tot die swoerd goudbruin en bros is en die knoffel sag.
  • Hou eenkant en laat die knoffel afkoel.
  • Meng die mosterd en heuning goed en smeer oor die tjops.
  • Geur met die orige sout.
  • Pak die tjops op die rooster en braai 12-15 min. oor die kole of tot gaar soos verkies.

Kapokaartappels

  • Kook die aartappels in water tot sag, dreineer en druk rofweg fyn.
  • Druk die sagte knoffel uit die ­huisies en voeg by die ­aart­appels.
  • Voeg die res van die bestanddele by en druk nog fyn tot glad.

Vir voorsit

  • Smeer die appels met die olie en braai oor die kole tot lig geskroei.
  • Drup die heuning oor.
  • Breek die bros swoerd in stukkies.
  • Sit die tjops voor saam met die knoffelkapokaartappels, gebraaide appels, bros swoerd en vars kruie, indien verkies.