• Bedruipsous: Plaas al die bestanddele in ’n klein kastrol, roer goed en laat prut oor ’n lae hitte tot die sous verdik en stroperig raak. Hou eenkant.
  • Koolslaai: Klits die sri­racha- of brandsous, heuning, sojasous en lemmetjiesap saam en giet in ’n groot bak. Voeg die res van die bestanddele by en meng deur tot alles met die slaaisous bedek is.
  • Vir voorsit: Braai die varkworse oor matige kole terwyl jy dit met die bedruipsous verf tot gaar. Sny die rolletjies middeldeur en voeg die varkworse by. Skep die koolslaai bo-op en besprinkel met die sesam­saad.