Maak 'n vuur met genoeg kole. Plaas ’n rooster oor matige kole. Hou 'n vuurvaste potjie en genoeg braaivurke, -penne of kebabstokkies byderhand.

  • Ryg die varkworsies saam met die soetrissies en uitjies aan die vurke, penne of stokkies. Braai oor die kole tot die worsies net gaar en buiteom effens geskroei is. Verf die worsies met die braaisous terwyl jy braai. Draai gereeld.
  • Mosterdroomsous: Plaas intussen al die bestanddele vir die sous in die potjie op ’n staander oor die kole. Bring tot kookpunt en laat kook tot die sous effens verdik.
  • Vir voorsit: Plaas die gaar kebab op 'n sny roosterbrood (stroop die wors en groente van die vurk, pen of stokkie, indien verkies) en skep van die sous oor. Rond af met ’n eier bo-op.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.