Maak ’n vuur met genoeg kole. Plaas ’n rooster op ’n staander hoog oor matige kole. Hou ’n elektriese wafelpan byderhand. (Die wafels word nie oor die kole gebraai nie; net die hoender.)

  • Wafels: Klits al die bestanddele goed saam, bedek en laat staan minstens 30 min.
  • Braaihoender: Sny die been van die hoender af. Meng die speserye, peper, sesamsaadjies en meel. Sprinkel ruim­skoots oor die hoender. Drup die olie oor die hoender en pak op ’n rooster. Braai 20-25 min. hoog oor die kole of tot goudbruin en gaar.
  • Afronding: Skakel die wafelpan aan en verhit. Bespuit goed met kossproei. Giet 80 ml (¹⁄3 k) van die wafelbeslag in die wafelpan en bak tot gaar. Herhaal met die res van die beslag. 
  • Stapel die hoender en wafels bo-op mekaar. Sprinkel die cheddar oor, indien gebruik, en bedruip met die heuning.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.