1. Vetertjie-tjips met tuisgemaakte tamatiesous

Vir die lekkerste tjips moet jy aartappels met 'n hoë stysel­inhoud gebruik. Deesdae maak die supermarkte dit vir ons maklik om die regte soort te koop – op die verpakking sal duidelik gemerk wees waarvoor die aartappels geskik is. 

Vetertjie-tjips met tuisgemaakte tamatiesous. Foto
Vetertjie-tjips met tuisgemaakte tamatiesous. Foto: Jacques Stander

2. Lywige skyfies

Dié aartappelskyfies word eers vooraf gekook en dan in olie gebraai – dit verseker dat die aartappels in die middel lig en donsig is, maar goudbruin en bros aan die buitekant. Die skyfies kan net so geëet word as 'n bykos, of sit dit saam met kaassous, spek en jalapeños voor as ’n geurige peuselhappie. Behou die aartappelskille en gebruik dit in die resep hiernaas.

Lywige skyfies. Foto: Jacques Stander
Lywige skyfies. Foto: Jacques Stander

3. Bros aartappelskil-en-uietjips met biltongsprinkel

Aartappelskille hoef nie altyd weggegooi te word nie. Dis heerlik wanneer dit brosgebraai word – ons voeg uieskyfies by vir nog geur.

Bros aartappelskil-en-uietjips met biltongsprinkel
Bros aartappelskil-en-uietjips met biltongsprinkel. Foto: Jacques Stander

4. Tjips van gemengde groente met uie-doopsous

Hierdie tjips word in die oond gebak pleks van in olie gebraai. Sit dit voor saam met die uiedoopsous as 'n happie.

Tjips van gemengde groente met uie-doopsous. Foto:
Tjips van gemengde groente met uie-doopsous. Foto: Jacques Stander

5. Oondgeroosterde patattjips met feta en kruiesous

Dié opsie bevat minder koolhidrate. Hoe langer die tjips in die oond gebraai word, hoe brosser en meer gekaramelliseer sal dit wees. 

Oondgeroosterde patattjips met feta en kruiesous.
Oondgeroosterde patattjips met feta en kruiesous. Foto: Jacques Stander

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.