• Plaas die botter en knoffel in ’n kastrol en verhit oor lae hitte. Laat dit sowat 5 min. kook tot die botter met die knoffel deurtrek is.
  • Voeg die stingeluie en blomkool by. Roerbraai 8-10 min. of tot die blomkool sag is.
  • Voeg 250 ml (1 k) room by, roer en laat 5 min. liggies prut; roer af en toe.
  • Verwyder van die hitte en voeg dadelik die parmesaankaas en oorblywende room by. Meng goed. Dit sal etlike minute duur voor die kaas smelt. Dit sal aanvanklik taai lyk en dan sal die sous romerig en glad word. Geur met sout en peper. Voeg ekstra room by indien die sous verdun moet word.
  • Giet die mengsel in ’n verwerker en meng tot glad.