1. Boerewors-pasteitjies

Die resep is maklik, en jy kan die pasteitjies warm of koud saam met 'n doopsous voorsit.

Boerewors-pasteitjies. Foto: Misha Jordaan
Boerewors-pasteitjies. Foto: Misha Jordaan

2. Klewerige mini-ribburgers

Happiegrootte, maar propvol geur. Maak die rolletjies en ribbetjies vooraf gaar en rond die burgers af net voor jy dit voorsit.

Klewerige mini-ribburgers. Foto: Misha Jordaan
Klewerige mini-ribburgers. Foto: Misha Jordaan

3. Spinasie-en-cheddar-quesadilla met biltong

Geniet hierdie quesadilla met ekstra kaas en gekerfde biltong. 

Spinasie-en-cheddar-quesadilla met biltong. Foto:
Spinasie-en-cheddar-quesadilla met biltong. Foto: Misha Jordaan

4. Brandrissie-kaasvingers

Rol die kaasvingers vooraf en hou tot drie dae in die yskas. Diepbraai net voor jy dit wil voorsit. Die kaasvingers is die lekkerste wanneer die kaas nog gesmelt is en die degie bros.

Brandrissie-kaasvingers. Foto: Misha Jordaan
Brandrissie-kaasvingers. Foto: Misha Jordaan

5. Nacho-happies

Geniet die guacamole in tortillabakkies en sprinkel van die tamaties en koljander oor vir afronding. 

Nacho-happies. Foto: Misha Jordaan
Nacho-happies. Foto: Misha Jordaan
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.