Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 'n 40 x 25 cm-oondbak goed met kossproei.

  • Meng die koekmeel, suiker, sout en bakpoeier goed. Vryf die botterblokkies by die meelmengsel in tot dit soos broodkrummels lyk.
  • Klits die amasi en eiers saam en voeg by die meelmengsel. Meng ­alles goed en druk die deeg in die oondbak.
  • Bak die beskuit 20-25 min. of tot gaar. Haal uit die oond en laat die beskuit 30 min. in die oondbak afkoel. Keer uit.
  • Verlaag die temperatuur tot 60 °C en sit die oond se waaier aan. Sny die beskuit in lang stukke en pak op 'n oondrak. Laat oornag in die oond uitdroog.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.