Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 'n bakplaat liggies.

  • Plaas al die bestand­dele in ’n mengbak en meng goed deur met jou hande. 
  • Rol in vleisballetjies of ­koftas en pak dit op die voorbereide bakplaat.
  • Bak dit 10 min. in die oond en rond af deur dit onder die rooster te verbruin.
  • Sit voor saam met tzatziki, hummus en platbrode, of selfs saam met ’n tuisgemaakte tamatiesous.