1. Brusselse spruitjies met room en amandels

rys
Foto: Bauersyndication.com.au/Magazine Features

2. Geglaseerde lemoen-en-esdoringbabawortels

rys
Foto: Bauersyndication.com.au/Magazine Features

3. Geroosterde gekaramelliseerde witwortels met salie

rys
Foto: Bauersyndication.com.au/Magazine Features

4. Paryse kapokaartappel

rys
Foto: Bauersyndication.com.au/Magazine Features

5. Gestoomde gemmerrys

pilaf
Foto: Bauersyndication.com.au/Magazine Features

6. Klapperrys

pilafrys
Foto: Bauersyndication.com.au/Magazine Features

7. Blomkoolrys-pilaf

pilafrys
Foto: Bauersyndication.com.au/Magazine Features

8. Basmati-pilaf 

pilafrys
Foto: Bauersyndication.com.au/Magazine Features

KEN JOU RYS

1. Halfgaar rys

Dié soort rys is deels gekook. Dit is kostedoeltreffend, maklik om gaar te maak, ferm en nieklewerig.

Gebruike

Uiters veelsydig. Word meestal saam met bredies, potjiekos of braaistukke voorgesit. 

2. Basmatirys

’n Variëteit langkorrelwitrys wat oorspronklik uit  Indië kom. Die rys verdubbel gewoonlik in lengte en word donsig wanneer dit gaargemaak word.

Gebruike

Word hoof-saaklik in Indiese en Midde-Oosterse kookkuns soos kerries, ­brijani, pilaf- en eenpotrysgeregte gebruik.

3. Bruin basmatirys

Dieselfde as wit basmatirys, maar met die semel steeds aan. Gevolglik bevat die rys meer vesel, het dit ’n neutagtige smaak en is dit taaier as wit rys.  

Gebruike

Kan op dieselfde manier as wit basmatirys gebruik word, maar neem effens langer om gaar te word.

4. Jasmynrys

’n Variëteit langkorrelwitrys tradi­sioneel van Thailand, Kambodja of Viëtnam. Die rys is aromaties, sag, donsig en effens klewerig wanneer dit gaargemaak word.  

Gebruike

Word meestal in Oosterse geregte en nageregte gebruik. Word saam met roerbraaie en Thaise kerries voorgesit. 

5. Bruinrys

’n Veselryke volgraanrys met ’n goeie voedingswaarde. Die rys het ’n neutag­tige geur en taai tekstuur. 

Gebruike

Word as ’n bykos, in roerbraaie en in slaaie gebruik.

6. Arboriorys

’n Italiaanse kortkorrelrys. Romerig en effens taai wanneer gaar.

Gebruike

Word vir risotto-rysgeregte gebruik.