• Braai die soetrissies oor ’n oop vlam of onder die oondrooster tot die skil swart gebrand en vol blase is.
  • Plaas dit vir ’n ruk in ’n verseëlde houer sodat die skil makliker sal aftrek. Nadat dit afgeskil is, kan jy die stele en pitte weggooi. 
  • Sny elke soetrissie in die lengte in ses skywe. Meng die oorblywende bestanddele goed en giet oor die soetrissies. Laat afkoel en sit voor. 

Wenk: Kap die soetrissies rofweg op en voeg by ’n koeskoesgereg of as ’n bolaag vir ’n pizza. As jy oorskiet het, voeg suurlemoensap by, plaas in ’n fles wat dig sluit en bêre 2-3 weke in die yskas.