Voorverhit die oond tot 200 °C.

  • Kook die aartappels in water tot net gaar maar nie pap nie. Dreineer en laat in ’n vergiettes heeltemal droog stoom.
  • Neem ’n vurk en krap liggies reg rondom elke aartappel sodat dit effens krummelrig raak.
  • Smeer die helfte van die olyfolie onder in ’n diep bakplaat. Versprei die aartappels op die plaat en giet die res van die olie oor. Skud die bak liggies om te verseker dat die aartappels heeltemal bedek is met die olie.
  • Sprinkel die spekrepies en sout oor en rooster 45 min. tot ’n uur in die oond of tot die aartappels goudbruin en bros gebraai is. Draai die aartappels halfpad om om te ver­seker dit is oraloor bruin gebraai.
  • Sprinkel: Verhit ’n droë pan en rooster die koljandersaadjies tot geurig. Kneus die saadjies in ’n vysel en skep in ’n mengbakkie. Voeg die sout en biltong by en meng goed.
  • Skep in ’n opdienbak sodra die aartappels uit die oond kom. Strooi die sprinkel oor die aartappels en skud liggies. 

Min dinge is lekkerder as ’n goudbruin en bros gebraaide aartappel. Ons maak dit nog beter deur dit in ’n biltongkrummellaag te rol.