15 min.
Sowat 30 samoosas
20 min.
Bestanddele
- VULSEL
- 250 g biltong, fyngekap
- 120 g roomkaas
- 50 g sprietui, gekap
- 2 rooi rissies, gekap, of
- 10 ml (2 t) rissievlokkies
- 100 g mozzarellakaas, gerasper
- DOOPSOUS
- 80 ml ( k) blatjang
- 80 ml ( k) sojasous
- 80 ml ( k) tamatiesous
- 15 ml (1 t) heelkorrelmosterd
- ’n hand vol koljanderblare, gekap
- SAMOESAS
- 1 eier, geklits
- olie vir diepbraai
Metode

- Vulsel: Meng al die bestanddele in ’n bak en hou eenkant.
- Doopsous: Meng al die bestanddele buiten die koljander in ’n kastrolletjie en laat prut 10 min. Laat afkoel, voeg die koljander by, giet in ’n bakkie, bedek met kleefplastiek en sit in die yskas.
- Samoesas: Skep ’n lepel van die vulsel op een kant van ’n reep deeg. Vou die deeg oor die vulsel sodat ’n driehoekie vorm. Hou so aan tot aan die einde van die deegreep. Verf die eindpunt met eier en druk vas. Plaas in die yskas.
- Verhit die olie en diepbraai die samoesas in sarsies tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier en sit voor saam met die doopsous.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET