Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer 'n groot bakplaat met bakpapier uit.

  • Plaas die deeg op 'n meelbestrooide oppervlak. Verf liggies met die eiergeelmengsel.
  • Pak die ui op die deeg en sprinkel die sesam­saadjies oor, indien gebruik. Plaas 'n ekstra vel bakpapier bo-op die deeg. Keer die deeg om (bakpapier na onder) en rol liggies uit.
  • Sny die deeg in die lengte in die helfte. Sit een van die boereworsstukke in 'n reguit lyn in die lengte van een van die dele deeg. Sny met 'n skerp mes 'n keep in die boerewors (om die derm te breek). Rol die wors styf toe met die deeg, haal die bakpapier versigtig af en seël die kante. Sny in 8 porsies.
  • Herhaal met die res. Pak die pasteie op die be­reide bakplaat en bak 20-25 min. of tot gaar.
  • Vir voorsit: Doop in die doopsous van jou keuse.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.