• Slaaisous: Meng al die bestanddele.
  • Slaai: Giet kook­water oor die broccoli, laat staan tot koud en dreineer in ’n vergiettes. Spoel vinnig af onder koue water.
  • Pak die spek op ’n bakplaat wat met tinfoelie uitgevoer is. Smeer met heuning. Rooster vinnig tot gaar en bros.
  • Rooster die aman­del­vlokkies en sonneblompitte in ’n droë pan tot effens bruin. Skud die pan gereeld om te voorkom dat dit brand.
  • Pak die broccoli op ’n slaaibord. Giet van die slaaisous oor. Sprinkel die ui, kaas, bosbessies en pitte oor. Pak die spek bo-op of krummel bo-oor. Sit voor saam met hoender en groente.