• Frikkadelle Voeg die gemmer by die frikkadelmengsel.
  • Vorm in klein bolletjies en rol in die sesamsaad.
  • Braai in die olie tot bruin, bedek vir ’n paar minute en braai tot gaar.
  • Doopsous: Meng al die bestanddele en skep in ’n bakkie.
  • Vir voorsit: Plaas die blare op ’n werkoppervlak en pak ’n paar wortel-, komkommer- en stingeluirepe bo-op.
  • Sprinkel die boontjiespruite en piekelgemmer oor en pak ’n frikkadel bo-op.
  • Rol die ysbergslaai toe.
  • Sit voor saam met die sous.