• Uiemengsel: Plaas al die bestanddele vir die uiemengsel in ’n voedselverwerker en verwerk tot fyngekap maar nie tot ’n pasta nie.
  • Lensiemengsel: Laat week die lensies 15 min. in die water en dreineer.
  • Verhit die olie in ’n groot kastrol, voeg die mosterdsaadjies by en verhit tot dit begin skiet. Voeg die fyngekapte uiemengsel by. Verhit 10 min. of tot geurig; roer elke af en toe. Voeg die fyn speserye en kerrie­blare by en verhit nog 5 min.; roer gedurig. 
  • Voeg die lensies en klappermelk by en laat kook tot sag.
  • Voeg die tamaties en suiker by en laat kook tot geurig en tot al die vloeistof weggekook is.6 Roer die botter en lemmetjiesap by en geur goed met die sout.
  • Skep in ’n bak en sprinkel die koljanderblare oor.
  • Komkommerjogurt: Meng al die bestand­dele en geur met die sout.
  • Vir voorsit: Sit die dahl voor saam met ’n poppa-dum, rys en ’n skeppie komkommerjogurt.