Dié vinnige snoephappie gee jou woema tussen maaltye.

  • Kap die dadels fyn en plaas in ’n glasbak.
  • Giet die kookwater oor en laat staan minstens 15 min.
  • Pols die amandels en sonneblompitte in ’n voedselverwerker tot grof gemaal.
  • Voeg die dadels by en pols 10 sek. Voeg die hawermout,
  • kakao en olie by en pols tot goed gemeng.
  • Voeg die sjokolade by (indien gebruik) en pols nog 10 sek.
  • Skep eetlepels vol uit en rol in okkerneutgrootte- balletjies.
  • Rol in die klapper, pak in ’n lugdigte houer en laat verkoel tot nodig.