Voer ’n 20 x 20 cm- vierkantige koekpan met bakpapier uit.

  • Stafies: Sit die dadels en appelskyfies saam in die bak van ’n voedselverwerker. Pols tot fyn en goed gemeng.
  • Voeg die kasjoeneute, sonneblompitte, klapper, klapperolie en sout by en pols tot fyn.
  • Skep die mengsel in die koekpan en druk vas.
  • Vir afronding: Druk die ekstra kasjoeneute bo-op die stafies indien verkies. Verkoel 30 min., keer uit die koekpan en sny in stafies. Pak in ’n lugdigte houer.