• Pols die droëvrugte in ’n voedselverwerker tot ’n pasta. Voeg die neute, pitte, kaneel, geursel, vlokkies, sap en sout by. Voeg 30 ml (2 e) kook­water by en verwerk tot ’n stywe mengsel vorm.
  • Smeer elke vel filo met gesmelte botter. Plak twee-twee opmekaar.
  • Skep 15 ml (1 e) van die vulsel uit en rol in ’n lang rolletjie. Plaas op die lang kant van ’n vel ­filodeeg. Vou die onderste kant oor die vulsel, vou die kante in en rol op. 
  • Smeer weer met die botter en sprinkel die neute of sade oor. Bak 20 min. tot ­goudbruin.
  • Vir voorsit: Druip die heuning oor die jogurt en sit voor saam met die ­sigare.
Dié sigare word met verskeie droë­vrugte, neute en pitte gevul. Rissie­vlokkies sorg vir ’n lekker byt.