Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai en plaas ’n rooster hoog oor die kole. 

  • Masala-steak: Verhit die olie en roerbraai die steakrepies tot bruin. Voeg die ui en knoffel by en roerbraai nog 1 min.
  • Voeg die masala, borrie en aftreksel by en laat 30 min. prut of tot die vleis sag is. Voeg nog water by as die vleis te vinnig droogkook. Geur met sout en peper.
  • Smeersous: Meng alles.
  • Gatsby: Sny die boonste doppie van die brood af, indien verkies (dit verseker dat die brood brosser braai). Sny die brood in die lengte in die helfte.
  • Smeer albei dele van die brood aan die binnekant ruimskoots met die sous.
  • Versprei die koljander oor die onderste helfte van die brood. Skep die steak op en sprinkel die kaas oor. Pak die tjips bo-op en plaas die ander helfte van die brood bo-op. Rooster die gatsby oor die kole tot goudbruin aan weerskante en tot die kaas in die middel gesmelt het. Sny in porsies.

Gatsbys is heerlike straatkos. Ons maak dié variasie in braaibroodjievorm wat goudbruin en bros oor die kole gebraai word.