• Geelrys: Verhit die botter in ’n kastrol en braai die ui tot sag. Voeg die speserye en brandrissies, indien gebruik, by en roerbraai tot geurig.
  • Voeg die rys by en braai 1 min. Voeg die aftreksel en genoeg kookwater by om die rys te bedek en laat stadig prut tot die rys sag, gaar en drooggekook is. Voeg nog kookwater by soos nodig. Geur met die sout.
  • Slaai: Meng al die bestanddele goed.
  • Vir voorsit: Pak ’n krulkoolblaar op elke bord en skep hopies rys en slaai bo-op. Pak die eiers bo-op en sit voor.