Verhit die oond tot 180 °C. Hou tinfoelie byderhand.

  • Steek gaatjies in die bete met ’n vurk. Pak ’n beet op ’n stukkie tinfoelie en drup van die olyf­olie oor. Vou die tinfoelie stewig om die beet toe. Herhaal met die res van die beet. Pak al die beet op ’n bakplaat en rooster 1 uur of tot sag. Sny die beet oop en skep een van die volgende bo-op:
  • Uiebolaag: Verhit die olie in ’n pan en braai die uie tot sag. Voeg die knoffel by en roerbraai nog 1 min. Geur met die sout en peper en sprinkel oor die beet. Meng die jogurt, komyn en koljander en skep ’n bietjie op elke beet.
  • Dukkah-en-biltong: Rooster die sesam-, koljander- en komynsaadjies in ’n droë pan tot die kleur effens verander. Stamp die saadjies met ’n stamper in ’n vysel en meng die grondboontjies deur. Sprinkel die mengsel bo-oor. Pak van die biltong bo-op en rond af met die roomkaas . 
  • Lemoenbotter: Meng alles goed en skep op die warm beet.

Eet verskillende sprinkels of geurmiddels by geroosterde beet vir ekstra lekkerte.