• Wortels: Sit die wortels, botter en heuning in ’n pan. Roerbraai 2 min. tot die wortels helder­oranje is, maar nog ferm. Geur met die sout na smaak, skep uit en hou eenkant.
  • Gekneusde ertjies: Plaas die ertjies in ’n vergiettes en giet kookwater oor. Dreineer goed.
  • Plaas die kekerertjies, brandrissies, knoffel en olie in ’n voedselverwerker en pols tot fyn.
  • Voeg die ertjies by en pols ’n paar sekondes tot die ertjies grofgemaal is. Skep uit, voeg die res van die bestanddele by en meng. Geur met sout.
  • Vir voorsit: Sit die wortels voor saam met die gekneusde ertjies as ’n doopsous.

WENK

Om te berg: Skep die gekneusde ertjies in ’n fles, maak gelyk bo-op en giet ’n klein bietjie olyfolie oor. Seël goed en hou tot ’n week lank in die yskas.