• Lewer: Trek die vlies van die lewer af en sny die lewer in vingers of dik repe. Geur oraloor met die sout en vars gemaalde peper. Rol in die meel.
  • Krummel Meng die broodkrummels en koljander goed. Doop die ­lewer in die eier en rol in die krummels. Pak die lewer op ’n bord en verkoel minstens 30 min. in die yskas.
  • Verhit genoeg olie in ’n diep pan vir vlakbraai. Braai die lewer in sarsies tot goudbruin, bros en gaar. Die lewer moenie droog gebraai wees nie. Dreineer die lewer op kombuispapier.
  • Vir voorsit: Geur die lewer met die sout en pietersielie en sit voor saam met die mosterd en suurlemoenwiggies.