PIEKELSUURLEMOENE

Die Italianers is dol oor gepiekelde suurlemoene. Die suurlemoene word heel gebottel en die skil word dan gebruik om hope geur aan alledaagse geregte te gee.

Vir die piekelsuurlemoene:

  • Steriliseer ’n paar flesse en hou byderhand. Was jou suurlemoene goed en klad droog.
  • Sny kepe kruis oor die suurlemoene sonder om heeltemal deur te sny tot onder.
  • Sprinkel seesout ruimskoots binne-­in die kepe van die suurlemoene.
  • Pak dit styf teen mekaar in die bereide flesse. Bedek die suurlemoene met suurlemoensap en seël die flesse goed.
  • Laat die suurlemoene minstens ’n week op ’n donker koel plek staan en gebruik wanneer nodig.

SUURLEMOENSTROOP

  • Om ’n kitslimonade te maak, giet van die stroop in ’n groot beker, voeg ’n hand vol ys by en bedek met 
    water of selfs sodawater.
  • Voeg ’n hand vol ment en ’n paar suurlemoenskyfies by en siedaar: ’n spogdrankie!

Vir die suurlemoenstroop:

  • Verhit 500 ml (2 k) water en 500 ml (2 k) wit­suiker saam in ’n kastrol.
  • Roer aanhoudend tot die suiker opgelos is. Skil ’n 5 cm-stuk vars gemmer en sny in skywe.
  • Voeg die gemmer en 2 kaneelstokkies by die stroop en laat nog 5 min. prut.
  • Verwyder die stroop van die hitte en voeg 750 ml (3 k) vars suurlemoensap by.
  • Laat die stroop afkoel en giet in gesteriliseerde bottels.