• Verhit die olyfolie in ’n kastrol en voeg die lourierblare, komyn, borrie en kerrie by. Roerbraai tot geurig.
  • Voeg die uie by en roerbraai 1 min. Roer die rys deur die uiemengsel.
  • Giet die aftreksel by, meng deur en kook die rys tot sag. Roer af en toe om te verseker dit brand nie vas nie. Giet nog kookwater by as die aftreksel te vinnig wegkook.
  • Sodra die rys gaar is, meng die res van die bestanddele by en geur met die sout na smaak.
  • Vir voorsit: Skep die rys op ’n groot opdienbord en pak die eiers bo-op. Sprinkel nog pietersielie oor en sit voor.
Wenk
Gaar gepluisde hoender, geblikte tuna of selfs gaar lensies kan ook gebruik word pleks van die gerookte snoek.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.