• Smeer ’n diep koek- of broodpan.
  • Klits die olie, melk en eiers saam.
  • Meng die droë bestanddele in ’n mengbak en voeg die oliemengsel en soetmielies by. Roer tot goed gemeng.
  • Skep die deeg in die bereide pan. Plaas die pan in ’n swartpot met water onderin. Die pan moenie aan die water raak nie. As die pan nie teen die kante van die pot kan hang nie, plaas ’n draadrakkie onder in die pot. Sit die pot se deksel op en plaas op die vuur. Laat die brood ongeveer 90 min. stoom.

Die Bierbraaiers se brood word gestoom en nie gebak nie. Heerlik!