• Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Voer ’n gesmeerde pannetjie uit met bakpapier en bespuit met kossproei.
  • Verdeel die neute en hawermout in twee.
  • Plaas die helfte van die neute en hawermout in ’n voedselverwerker en maak goed fyn tot ’n meel.
  • Skep uit.
  • Pols die res van die neute en hawermout ook effens fyner.
  • Meng die meel, neuter en hawermout; voeg die chai-sade en klapper by.
  • Verhit die klapperolie, heuning en kaneel tot gesmelt.
  • Giet oor die neutmengsel en meng.
  • Skep in ’n pannetjie en druk baie goed vas tot goed stewig en ferm, anders val alles uitmekaar wanneer jy dit sny.
  • Bak 15 min. tot ferm.
  • Laat afkoel.
  • Afronding: Smelt die sjokolade en smeer oor die granola, sprinkel die amandels, klapper en sout oor en laat afkoel.